MOEDERTAAL | Splinternuut

Somtyds, wanneer dinge groter is as ek, sukkel ek om myself in Engels uit te druk so ek het besluit om vandag in my moedertaal my hart te deel, want kom ons wees eerlik: Afrikaans tref eenvoudig dieper. Raker. Teerder.

Ek trek einde Junie 2017 Durban toe (vir dié van julle wat dit nog nie weet nie.) Die Here roep my na LIV Village.  Mense maak nou ‘n vreeslike “hoo-haa” van dit en asof ek nou geweldig wonderlik is omdat ek kwonsuis my hele lewe in die Boland prysgee.

Eerlikwaar.

Dis nie ‘n “big deal” nie. Vir my is dit doodeenvoudig waarheen God my stuur. En omdat Hy dit doen, weet ek Hy sal vir my vriende gee. Hy sal vir my rigting gee (letterlik en figuurlik, want kyk; sussie sien nie kans vir verdwaal in die Durbs in nie…). Hy sal voorsien. Want Hy het nog altyd en ek het geen rede om Hom nie met my lewe te vertrou nie.

Vir diegene wat nie weet wat LIV is nie, kyk gerus hier:

Baie dinge, maar hoofsaaklik drie, het my gebring tot hier. En dit was maar net nog altyd deel van Sy plan vir my, kom ek agter. Hy was net nog altyd besig om my voor te berei. Die aanvanklike hunkering in my hart om met weeskinders te werk, het Hy nie brutaal kom deponeer nie. Dit was subtiel. Vir lank het ek nie eers geweet dit is daar nie. En ek hou nie eers baie van kinders nie…(Lekker eerlik is ek nou hier vir die hele wêreld om te lees. Wel, nie die hele wêreld nie, want ek skryf in Afrikaans so ek is redelik veilig.) Maar dis hoe Hy werk. Onverklaarbaar.

Hier is die drie dinge:

  1. Met my goeie vriende se traumatiese dood so paar weke gelede, het ek vir ‘n slag weer my lewe ordentlik betrag en een vraag het herhaaldelik dwarsdeur my murg geresoneer: “Elana, waarmee is jy besig?” Ek het besef dat ek nie verder een minuut van my lewe wil afstaan aan iets wat nie te doen het met waarvoor ek gemaak is nie. Ons het so ‘n kort tydjie op aarde om te stap in dit waarvoor ons geroep is en werklik ‘n verskil te maak. Te midde van chaos en ‘n warboel-hart het ek een aand kort na hul begrafnis by my huis gekom en nog slegte nuus ontvang nadat ek tot op my laaste gestrek is met emosioneel uitputtende gebeurtenisse wat ek nie nou alles hier gaan opnoem nie, maar glo my vry: “it’s been tough.” Ek het sonder twyfel nog nooit in my lewe so heeltemal uit beheer gevoel nie en dit was die beste plek om te wees, want in daardie oomblik het ek voor die Here gaan sit en kon ek doodeerlik vir Hom sê dat my planne heeltemal op is. Dat my lewe nie my eie is nie. Dat Hy alles moet vat. En dis wat Hy gedoen het.
  2. Paar van my vriende het oor die laaste vier maande ervaar dat daar groot verandering in my lewe gaan kom. Die profetiese prentjie wat vir my uitstaan bo alles, is hierdie WA wat ek ontvang het: “Jy is ‘n “carpenter” en het een van daardie “toolbelts” aan. Ek sien hoe die Here “tools” in al daai sakkies kom sit. Jy maak reg vir ‘n “journey.” Of ‘n groot gebeurtenis. Of ‘n groot werk. En God is besig om jou toe te rus. Julle twee (jy en Hy) maak “small talk” en lag, maar daar is ‘n gewigtigheid in die atmosfeer. God het egter volle vertroue in jou. En jou “toolbelt” is so te sê gelaai en reg. In jou binnesak is ‘n foto van jou familie. Jy haal dit uit, kyk daarna, soen dit en bêre dit weer in jou sak, naby jou hart; soos wat soldate altyd doen as hulle oorlog toe gaan.” In dieselfde week het ekself ervaar  dat die Here vir my sê ek moet ophou om Hom te inhibeer en ek sien toe myself aanstap na ‘n vliegtuig toe met vreeslik baie afwagting- asof ek op pad is op ‘n massiewe avontuur.
  3. Daar is baie dinge wat my trek na hierdie “village” naby Durban. Hulle is nie almal edel nie. Behalwe vir die feit dat ek wel hunker daarna om deel te wees as iets groters as ek, is ek net lief vir stadiger lewe. Ek is lief vir eenvoud. Hierdie trek is nie vir my so ‘n groot opoffering soos wat mense dink nie. Daar skuil maar bietjie selfsug hieragter, want ek is goed keelvol vir die “rat race.” Ek is regtig moeg vir myself vergelyk met ander. Ek is nie meer lus vir bewus wees van die (klein) kar waarin ek ry of die (groot) huis waarin ek bly nie. En daar is iets so ongelooflik bevrydend daaraan om te kyk hoe kinders met byna niks, vreugde vind in byna alles. (Lees gerus hier oor ‘n ander openbaring wat ek destyds op ‘n uitreik na Burundi ontvang het.)

“Seriously,” daar is niks lekkerder vir my as om op ‘n plaas te wees, mooi uitsigte te aanskou en kief mense rondom my te hê nie so almal wat my wil ophemel: my storie is nie spesiaal nie. Daar is hordes ander mense wat by soortgelyke organisasies werk. Ook hul lewe “opgegee” het. Ook minder geld verdien. Ook lewens aanraak. Ook gelukkiger is as gevolg daarvan.

(Ek is nie goed met verslaggewing nie. So ek sukkel eintlik nou met hierdie stukkie geskrewe, want ek wil net beskrywend skryf. Nou moet ek vertel wat alles gebeur het, maar ek dink darem ek is beter as meeste van Die Burger-joernaliste wat daagliks insinuerende bog skryf sodat die nasie kan verdrink in halwe waarhede en sensasie.)

Die volgende paragraaf is egter my gunsteling-tipe paragraaf…O jitte, hier kom die les. Een van my vriende sê nou-die-dag vir my: “Lana, jy’s bietjie “preachy.” (Ag regtig? REGTIG? Jy ken my al 16 jaar, bra, en jy kom dit nou eers agter? Jy kon al lankal uit my foute begin leer het.)

Ek het geleer dat ons nie die vaagste benul het wat dit beteken om regtig oor te gee nie. Terwyl ons nog enigsins beheer het (hetsy oor ons begroting, oor ons dagtaak, oor wat mense aan ons doen en hoe hul teenoor ons reageer), is dit amper onmoontlik om regtig oor te gee aan God. Dis eers wanneer jy niks beheer het nie, wanneer mense begin doodgaan of ernstig begin siek word, of besluite neem wat hulself heeltemal uit jou lewe verwyder met opset; dan eers besef mens wat dit beteken om oor te gee, want dan hoef mens dit nie uit vrye wil te doen nie. Oorgee is al wat oor is om te doen.

Dis dan wanneer mens op jou knieë neersak in jou “cozy” huis, voor jou boekrak op die grond gaan lê en nie daar opstaan voordat jy leeggehuil is nie. Dis die tipe huil waar jy niks voel nie. Nie seer nie. Nie kwaad nie. Net niks. Jy praat ook nie. Jy huil net. By God. Jy lê met jou gesig in sy skoot en en jy weet Hy weet jy voel niks. En as jy daar opstaan, is jy leeg sodat Hy kan begin volmaak van voor af. Sjoe, dis ‘n goeie plek om te wees.

Want dan kan jy met alle eerlikheid sê: “Here, my lewe is nie my eie nie.”

Ek stap al lank ‘n pad met die Here, maar dis asof ek daai aand, met al my gunsteling-skrywers as getuies, opnuut tot redding gekom het. Ek voel soos ‘n nuwe mens. Want dis wat God doen, julle. Hy maak ons nuut, maar Hy kan nie terwyl ons nog vol van ons eie emosies en denke is nie. Hy wil ons vul met Homself, maar Hy kan nie lekker “operate” tussen selfsug en gemak nie. Hy ken dit nie so Hy voel ontuis.

Daar is nie veel meer wat ek kan sê nie. Dis super eenvoudig: Die Here wil my daar hê. Vir hoe lank, sal ek nie weet nie. Maar Hy weet. En dis genoeg vir my.

Hierdie is tans my “theme song” en ek is seker ou Ben het hierdie “tune” nou nie juis vir Jesus geskryf nie, maar dis hoe Hy my laat voel. Ek sal ook graag eintlik vir ou Ben wil uithelp met ‘n goeie musiekvideo, maar helaas: dis nie vir my beskore nie.

My voete wil net dans voor Hom!

 

 

 

 

 

Advertisements

8 thoughts on “MOEDERTAAL | Splinternuut

  1. Friend eks darem maar lief vir jou…jis hoor jy mag maar skryf! Super opgewonde saam met jou vir wat die Here gaan doen deur jou en in jou! xxx

    Like

  2. Sjoe Elana,

    My inspirasie vir die jaar sommer nou by jou gekry, ek sê so baie vir myself let go ad let GOD. Maar tog doen ek dit nie. Alle sterkte en seën vi jou, dankie dat jy nie skaam is om ons Here se naam groot te maak nie

    Like

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s