MOEDERTAAL | Liewe Soens…

Twee maande is verby, kan jy glo? So baie het gebeur, “friend.” Ek het heeltemal ontwortel in die Wes-Kaap, my tassies gepak en in my kar geklim op ‘n avontuur. Die langpad het my uitgespoeg op Drie Susters, teruggesluk tot in Wellington en toe vlieg FlySAFair my KZN toe. En hier bevind ek my. Weg uit die zone van nuus oor jou. Iewers waar ek nie gebombardeer word met jou berugtheid nie.  Waar ek net kan prosesseer dat jy vir altyd weg is. Kan treur. En jou kan onthou vir wie jy regtig was.

Ek wens ek kon jou “legacy” beskerm. Ek wens ek kon jou foute met ‘n MonAmi uitveër uitwis, maar dis asof die wêreld hulle met ‘n Artline70 inkleur. Kom ek en jy wees gou eerlik met mekaar: hierdie is nie wie jy was nie. Die laaste paar maande van jou lewe het jou sprankel uitgedoof. Ek wens ek was meer “present.” Ek wens ek het meer notisie geneem. Kind, ek verlang na lag saam met jou.

Ek wil hê die wêreld moet weet dat die media ‘n gitswart prentjie van jou skilder terwyl jy propvol kleur was. Jou murg was soos ‘n reënboog. En as mens naby genoeg kon kom, was daar hope goud om gevind te word. Goud wat jy so maklik uitgedeel het.

Soens, jou foute definieer jou nie vir my nie. Nie vir een van ons wat naby aan jou was nie. Ons het jou hart so goed geken omdat jy nie van hom ‘n moordkuil gemaak het nie. Ons is nie blind vir die feit dat jy aangejaag het nie, maar niks van hierdie sensasie-gedrewe storie “faze” ons nie. Ek wil graag sien watter geraamtes alles begin uitkom as ons die media se lewens begin “scrutinize” en hul vuil wasgoed in almal se gesigte begin druk. Daar word duisende kinders daagliks ontvoer en verkoop as seksslawe, baba’s word verkrag, mense kripeer van honger en ellende en terwyl die media ‘n platform het om vanaf te protesteer dat geregtigheid moet geskied en ‘n lig kan skyn op dinge waar pikdonker seëvier, kies hulle om twee mense wat tragies dood is, uitmekaar te skeur.

Ek kan nie minder omgee oor die “affair” nie. Ek wens hul kon net vir ons feite gee van wat met jou en Jacques gebeur het. Hoe “deal” ons met hierdie trauma? Is ons vriende dood in ‘n frats-ongeluk? Het ons vriend ons vriendin vermoor? Of is hul albei vermoor? Wie vergewe ons? Wie moet ons vryspreek? Dis al wat ons wil weet. Ek voel ‘n veer vir wat jy in persoonlike kapasiteit vir jou vriendinne gewhatsapp het. Nog minder oor wat jy en jou man in ‘n super moeilike tyd in jul huwelik, vir mekaar gestuur het in boodskappe. Dit het net mooi niks met my te doen nie. Ek wil so graag jul privaatheid “honour,” maar daar’s niks wat ons kan doen nie. Dit is wat dit is.

Al wat ek poog om nou verder te doen, is om parallel met hierdie klomp vieslike stories, die mooi van wie jy was te versprei en te gesels oor wat ‘n absolute “champ” jou man was. Hy was ‘n goedhartige, lieflike mens met soveel lankmoedigheid. Ek het nou-die-dag sit en dink: ek kan letterlik nie aan eenkeer dink wat ek ooit vir Jacques geirriteerd, gefrustreerd of kwaad gesien het nie (en ek ken hom al vandat ons 14 jaar oud is.) Wel, okay…dalk was hy soms gefrustreerd met hoe die Bokke gespeel het…

En jy, my mens. Ai, jy was ‘n lekker mens. Propvol pret. Met ‘n lag wat baiekeer hartseer kon uitdryf. Niemand lag so baie en so maklik en so aanmekaar soos jy gelag het nie. Vir varings in ons tande. Vir mae wat pyn. Vir kouse wat leer. Vir volstruiskuikenhare. Jy kon lag vir die simpelste goed, “oh my hat.” Onthou jy toe ons uit die kerk gejaag is omdat ons so baie gelag het? Of die aand wat jy jou broek natgepiepie het van die lag agterop die bakkie op pad Malmesbury toe? Lag saam met jou het my siel genees van baie dinge en toe ek destyds op ‘n teer plek was oor Middelberg, het jy vir my grappies vertel om my fokus te verskuif. Jy het saam met my geswoeg deur Wiskunde-klasse. En ons het onsself op een of ander belaglike manier saam bevind in die 10.3 “slim” Skeinatklas. “What a joke?” Dit ook net gemaak tot Junie-eksamen toe is die Aardrykskundeklas twee skitterende sterre ryker.

En toe word ons groot en ons moet in ‘n huisie bly en ons moet kosmaak en werk toe gaan en moeg saans in die bed inval. Jy moes tennis afrig, maar ek moes jou eers wys hoe om ‘n raket vas te hou. Daar was irriterende hane wat ons te vroeg wakkergekraai het. Maar daar was soveel rus in daardie huis. Soveel vreugde. Ek moes altyd vir jou sing en klavierspeel. Jy het altyd gedans. Met Dadel.

Soens, jul dood het gemaak dat ek my lewe opnuut voor Jesus se voete gaan neerlê het. Want êrens langs die pad het die lewe vir my ‘n absolute oorlewingstog geword. Die realiteit van die saak is dat die lewe ‘n geskenk is en ek glo nie ons is geroep om slegs te oorleef nie.

Een van my “nuwe” KZN-vriendinne noem gister vir my dat ons so dikwels sê ons is bereid om vir Jesus te sterf, maar is ons bereid om regtig vir Hom te léwe? Want dit is wat die kruis kom gee het – lewe in oorvloed. Dankie dat jou en Jacques se donkerste uur my terug kon ruk na ‘n plek van Lig en my gedryf het om die muur wat ek met soveel bravade rondom my gemakzone gebou het, af te breek. Dankie dat julle my forseer het om op ‘n plek te kom van totale “surrender.” My storie is mooier as gevolg van julle. My lewe is voller. My hart is ligter. En jy en Jacques is vir ewig deel hiervan.

Ek belowe om altyd die mooi te onthou. Ek vertou dat die volle waarheid sal seëvier en mense sal vrymaak. Want dit is wat Waarheid doen.

 

 

 

30 thoughts on “MOEDERTAAL | Liewe Soens…

  1. Ek glo nie een van ons …niemand, het nie ñ tyd in hulle lewe wat hulle al besluite gemaak het waaroor hulle spyt was of die gevolge van moes dra nie. Ek is beslis die eerste mens om te erken ek was ook al daar,nie omdat ek n slegte mens is nie maar jys omdat ek mens is en foute maak. Niemand kan klippe gooi nie want as ons volmaakte mense was was dit nie nodig vir Jesus om aan n kruis te sterf nie.

    Like

  2. OH WOW!!! Dit, dit wat ek nou gelees het, het my hart SO goed gedoen!!! Prys die Here vir die waarheid!! 🙏🙌🏻

    Like

  3. Baie baie dankie vir hierdie mooi woorde. Dankie vir jou die skrywer hiervan, dat jy opstaan in hierdie aaklike media wereld wat net wil swartsmeer, en dat jy met pen vol helder kleure begin en die mooi skryf.

    Like

  4. Ongelooflik mooi.
    Ek het nou die dag gesit en dink… wat sou die mense van my se as dit ek was; sou hulle die nuwe ek onthou en vertel hoe my lewe verander het of sal almal skielik die ou ek onthou en al my foute op die tafel gooi. Sensasie… dit is wat verkoop en dit is sad. Sad om te dink dat die nuwe mooi veranderde ek nie op mense se lippe sal wees nie, maar wel die donker seer gebroke ek. Ons het almal ons foute en ek is seker dat Jacques en Sunita ook swaar aan hul kruis gedra het, maar dat hul vir mekaar lief was, twyfel ek nie aan nie. Rus sag julle twee.

    Like

  5. Dankie vir die deel….ons is mense wat foute maak….niks is ooit so erg dat lewens verloor moet word nie.
    Ek ken jou nie maar weet dat jy nooit alleen is nie en dat jy gelos is met die mooiste memories.

    Like

  6. Hulle was 2 wonderlike mense Ons moet hulle so onthou want hulle is nie meer daar om hulself te Verdedig nie en nie een v ons is sonder foute nie Dit is n pragtige brief🤗

    Like

  7. Sjoe, nou het ek gehuil dat die trane oor my wange stroom. Dit noem ek liefde vir ‘n kosbare vriendin. Jou storie is so mooi geskryf, dit het amper vir my gevoel ek kan julle sien en hoor lag. Kosbaar. Ek het ook ‘n dogter verloor, op ‘n natuurlike manier, sy was 21, ek sukkel na 17 jaar nog steeds, so ruk elke jong mens se dood my hart nog elke keer in stukke, veral op so onnatuurlike manier. Ek is bly jou vriendin, kon jou weer nader na Jesus bring. Vir elke siel wat sy na Jesus kon bring, al was dit deur haar dood, was dit die moeite werd. Ek wil net vir jou se, God is met jou. Dit is ‘n baie moeilike pad, veral met al die onbeantwoorde vrae en hoekoms. Alleen kan jy nie die pad loop nie. Onthou net die mooi. Koester dit elke oomblik. Hou vas aan God se Hand.

    Like

  8. Wow Elana. I don’t know you but what a wonderful piece you have written. And so much truth. I wish you lots of love and luck in your new ventures.

    Like

  9. So mooi huldeblyk! En ja, mense wil altyd die “sleg” oopkrap en die goeie begrawe. Ons mensdom is partykeer “verkeerdom”. Sterkte vir jou en aan almal wat haar so goed geken het en haar en haar man so mooi onthou…

    Like

  10. Dit is pragtig gestel Elana. Dankie dankie dankie, vir die mooi herhinneringe van Sunita. Ek was nooit so naby aan haar nie, maar van ‘n buite staander en kennis is dit ook hoe ek haar onthou.
    Ek raak so hartseer as mens al oral in berigte vas kyk en hoe mense sensasie daar uitvind. Ek kan nie glo dat mense se harte so swart geraak het en hulle verlekker aan ander mense se seer en donker tye nie. Hoekom nie help en ondersteun bied aan die familie en vriende wat agter gelaat is en help om net die goeie van die 2 pragtige mense te vier elke dag nie. Wat baat dit enige iemand om ander mense se privaatheid so te ontbloot ek wil net eenvoudig niks daarvan weet nie, en net die wonderlike mense wat hulle was onthou. ek wens jou alle sterkte en seëninge toe op jou nuwe lewens reis xxx

    Like

  11. Sjoe, wat ‘n mooi getuigskrif oor ‘n vriendin! Dit is wat mens vriendskap noem. Deur dik en dun.

    Jou woorde spreek boekdele. Geen een van ons is so skitterwit dat ons klippe na enige iemand kan gooi nie. Dit is tragies dat iemand se geraamtes uit ‘n kas geruk moet word om by die waarheid van haar dood uit te kom.

    Mag die lelik wat deur die media opgedis word tog tot die waarheid lei. Mag daar vir ons elkeen ‘n les uit Sunita se verhaal te leer wees.

    Ek bid oor vir elkeen van haar familie en vriende vrede en antwoorde toe. Sterkte!

    Like

  12. Sjoe, sy het na ‘n ongelooflike mens geklink!!!! Ek volg die gebeurtenisse en artikels, nie oor die sensasie daarvan of die intriges nie, maar ek hoop die waarheid kom uit sodat almal wat hulle lief gehad het en seer het sal berusting vind. Mense kan wreed en lelik wees maar God sal julle styf vashou teen die aanslae en mag Hy julle elkeen eer met die Sy kragtige teenwoordigheid wanneer julle soms voel die seer word te veel. Hou aan om haar te onthou soos sy was want sy het waarlik na ‘n amazing mens gelyk.

    Like

  13. Elana jy is wonderlik amazing… Mag die Here jou dra en lei in hierdie tyd… ek kan nie dink waardeur gaan jy en die ander vriende en familie naby aan Sunita en Jacques nie…
    Wens ek kan saam jou koffie drink en praat oor Jesus… Ek kan sien jy is lief vir Hom

    Like

  14. Ek is bly ek het per toeval op die blog afgekom.Ek is so bly dat iemand iets positief begin skryf het oor Sunita en Jacques,so moeg al oor die sensasie wat hul dood aanbetref. Ek dink ook so aan die families wat ook nou elke dag teen al die berigte moet vaskyk,en dan moet aangaan met hul lewe,en die pers maak dit nie maklik wat alles wil verkoop vir sensasie,dit sou beter gewees het as die ondersoekers hulle ondersoek afgehandel het en dan bekend gemaak het wat daar gebeur het.Sterkte aan hulle en Sunita en Jacques R.I.V.

    Like

  15. hi
    I read your article online, beautiful touched my heart as though I knew you and your dear friend, I came to visit your blog, but unfortunately cannot understand Afrikaans, but its ok
    keep on keeping on xx

    Like

  16. Ja; hoe groot is die wEreld, maar hoe klein is die aarde. Dat die skryfster die naam dra van ‘n tannie wat sy nooit sou ken (oorlede Elana 1983). Dieselfde tannie wat ‘best of buddies’ was met haar ‘Soens’ se oorlede Pa – Kollegedae (1979). Ek dink vanoggend dat my oorlede sus en hy nog baie erger kon saamlag, tot hul nie meer kon nie. Ek dink vanoggend aan een spesifieke foto, wat dit so goed weerspieEL. Saam het hulle die hoofrol gedans in WOK se ‘My Fair Lady’ en ‘soos ek kon onthou’, baie vies vir hom, as hy haar tone so raaktrap (dat die bloed so loop), met al die repetisies! Soms kon sy hom lekker oor die vingers tik; as sy verspottigheid, bietjie hand-uit ruk. Dit was 38 jaar gelede. Die water het deur die meul gemaal en jy (as naamgenoot) begin deel ‘n kosbare vriendskapsband met sy dogter. (As hy nog geleef het; sou hy verpletter gewees het, met hierdie nuus en was ek bly dat hy dit gespaar is).

    Like

  17. What an amazing couple they were. Thank you for reminding the critics that everybody has good in them too and that the truth will prevail. Hope the others involved get a “heart tugging” from God to reveal the truth. May your friends RIP and may you see closure and receive peace to this terribly tragic story. I pray this for you and the others that knew them really well, including their families, in Jesus’ name, Amen.

    Like

  18. Besonders mooi geskryf! Spesiale vriendskap wat julle gedeel het. Ek hoop regtig die ware oorsaak van hul dood word vasgestel sodat almal kan vergewe en berusting vind. Sterkte, jy is n lojale vriendin met opregte vriendskap teenoor haar.

    Like

  19. watter voorreg om so ‘n wonderlike vriendin te hê wat sulke mooi dinge oor Sunita kan sê en alles kan net waar wees want elke keer as ek na ‘n foto kyk van Sunita kan ek nie glo dat daar enige verkeerde dinge in haar kon wees nie en dat sy soos ‘n onskuldige persoon lyk wat net die mooi in mense gesien het. RIV Sunita en Jacques

    Like

  20. Ek lees hierdie en besef wat dit is om ‘n ware vriendin te he. Iemand wat soos jou eie bloed voel, naastes. Het vandag opnuut my vriendinne bedank vir hul liefde. Ek salueer jou Elana!! Dis die mooiste wat jy vir ENIGE mens op hierdie aarde kan doen – OPREGTE, ONVOORWAARDELIKE liefde.

    Like

  21. My liefste Lana.

    Jou woorde kon nog altyd die wereld maak stil staan. Jy is n wonderlike siel en dankbaar dat ek die geleentheid al gehad het om n stukkie geskiedenis saam jou te deel vriendin. Ek wens jou alles wat “great” is en weet jy is waar God jou wil he my skat! Alle liefde, geluk en vrede vir jou

    Like

  22. So bly ek het hietop afgekom!! Beautiful woorde…jy inderdaad n vriendin met wie n mens oorlog toe sou kon gaan….sterkte…kan nie eers probeer dink hoe hartseer dit is bir julle wat hulle goed geken het nie….

    Like

  23. Ek is so jammer vir jou hartseer waardeer jy gaan. Dankie dat jy ons herinner dat daar wel mense is wat die goed in ander sien…dit moet n voorreg wees om jou vriend te wees! Waarmee Sunita ook geworstel het en foute sy gemaak het….dit was haar foute, net soos ons almal maar struggle en probeer survive. Om die mooi in ander te sien is iets wat ons almal kan aankweek. Hoop jou lewe vorentoe is vol sonskyn.
    Sonja

    Liked by 1 person

  24. sho , mooi woorde ..het per toeval op die blog afgekom … mooi gestel ..weet nie wat gebeur het met die 2 mense nie maar die dit klink sad . Ons bly egter “treasured humans” die lewe word nie gemeet aan hoe lank ons lewe nie , maar hoe ons lewe. God gee aan ons n reis keuse , nie n bestemming nie … stay good whatever you do , keep you chin up , and know you are precious ….cheers

    Like

Leave a comment